Baba's 4 tot 12 maande
'n Kind se eerste lewensjaar is seker een van die wonderlikste, maar vreesaanjaendste tye in 'n ma se lewe.
As nuwe ouer is y bekommerd dat jou kind dalk nie normaal ontwikkel nie, veral as al haar tydgenote al fluks kruip en sy seil nogop haar maag rond. Dis baie belangrik om te onthou dat elke kind 'n individu is en teen haar eie pas ontwikkel.
Mylpale is net 'n vae riglyn. Sommige kinders sal vinniger ontwikkel, maar dit beteken hoegenaamd nie dat hulle vir die res van hul lewe 'n voorsprong sal hê nie.
Gaan klop by die pediater aan as jy onrustig voel - vir jou eie gemoedsrus.