Waar ons help bou aan God se koninkryk
 
Waar ons speel-speel leer

Ons Oogmerk

Kinders ... ouers se geskenk van God!  Hy vertrou Sy klein kindertjies toe aan ouers om hulle volgens Sy Woord te ondderrig, hulle te versorg en vertroetel, te dissiplineer en lief te hê.

Land-van-Kabouters wil graag by bostaande aansluit en dus

- help bou aan God se koningkryk en

- 'n positiewe verskil maak in elke kind en ouer se lewe.


Ons Doelstelling

Land-van-Kabouters is 'n Christelike Dagsorgsentrum, Kleuter Akademie en Nasorgsentrum en streef daarna om 'n liefdevolle omgewing te skep waar daar na kinders se sorg en opvoeding vanaf 'n jong ouderdom omgesien word;  waar hul spee-speel leer.  Met die nodige struktuur, roetine en liefde, bied ons graag sekuriteit aan u kind wat essensieël vir u kind se emosionele ontwikkeling is.  Gelukkige kinders is soveel meer ontvangklik om te leer en te groei;  fisies en emosioneel.  Elke kind is kosbaar vir ons net soos hy/sy is.

 

Ons VIER waardes

Verantwoordelikheid, Integriteit, Eerlikheid Respek

Marlene Ligthart  -  076 932 8832  -  info@landvankabouters.co.za
 Linda Burger  -  083 566 3050  -  admin@landvankabouters.co.za
 
 
 
 
Mail
Call
Map
About