Verantwoordelikheid
Integriteit
Eerlikheid
Respek
Welkom by LVK!!
Land-van-Kabouters is geleë te Malmesbury en bestaan al reeds sedert 2006 toe 'n werkende mamma net na die geboorte van haar eersteling die keuse gemaak het om 'n dagsorg vanaf haar huis te begin waar sy na haar baba en ander lyfies kan omsien. Klein was daar begin en groot was ons Vader se genade en seëninge met die groei van die skool en word dit tans bedryf deur 'n ma en haar twee dogters, want familie is vir ons belangrik en word elkeen wat betrokke is by LVK behandel soos familie - kosbaar en baie liefde!
Die Span
Spanwerk: “Gesamentlike kraginspanning van ‘n aantal mense om die werk van die groep voorspoedig en doeltreffend te maak”
Die Afrikaanse Woordeboek
By Land-van-Kabouters is ons 'n span van 26 personeellede en doen ons spanwerk, ons help mekaar en het respek vir mekaar. Ons lag en huil saam. Ons doen koffie saam en werk ook lekker hard saam. Ons luister na mekaar en motiveer mekaar, want saam is ons een goeie span en sonder dié span, kan die LVK-boot nie vaar nie.
"Alone we can do so little; together we can do so much." - Helen Keller
Bestuur
Die Span
LVK se belofte aan ouers
Ons beloof dat jou kind elke dag ietsie sal leer ...
Party dae sal hulle dit huistoe bring in hul hande;
Party dae sal hulle dit huistoe bring in hul koppies, en
Party dae sal hulle dit huistoe bring in hul hartjies.
























